BoerPot

BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het.

BoerPot is podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related to the business of farming.
Occasionally Afrikaans South Africa Business · Education
62 Episodes
40 – 60

Episode 14: Barry Landman

Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n…
20 Nov 2020 1 hr 17 min

Episode 13: Vlok Hanekom van Die Mas

Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik - op die oewers van die Oranjerivier. Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die…
17 Nov 2020 1 hr 02 min

Episode 12: Theo Prinsloo van GuanoBoost

Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat…
1 Nov 2020 57 min

Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika

The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van…
6 Oct 2020 1 hr 22 min

Episode 10: Kobus Steenekamp van Bayer SA

As die Kommersiële Bestuurder vir Bayer SA se afdeling vir gewaswetenskap, is Kobus Steenekamp en sy span verbind daartoe om vernuwende oplossings te bied wat boere se oes-potensiaal verhoog. Dit behels die beskerming van gewasse teen vernietigende siektes en peste. Met produkte wat wissel van hoë-aangedrewe saad tot vindingryke biologiese…
13 Aug 2020 50 min

Episode 9: Koos Blanckenberg

Koos Blanckenberg, ‘n vierde-geslag melk- en graanboer van die Wes-Kaap, is ‘n gesiene John Deere-kliënt wie se gemeenskapsontwikkelingsprogram geskoei is op die slagspreuk: ‘n Beter lewe vir almal... Koos het ‘n BCom-graad in Landbou-ekonomie verwerf aan Stellenbosch, maar die ondervinding wat hy op ‘n paar besoeke aan die VSA opgedoen…
28 May 2020 37 min

Episode 8: Frikkie Nel

Oorleland is die sleutel tot vrugbare grond, en iets waarin Frikkie Nel van Bothaville vas glo. Frikkie boer omdat dit in sy bloed is, en omdat dit lekker is vir hom. Hy erken egter dat boerdery 'n uitdaging bly, veral in hedendaagse tye, en dat 'n mens 'n fyn balans…
22 May 2020 41 min

Episode 7: Thabo van Zyl

Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is. Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson…
8 May 2020 49 min

Episode 6: Schoonwinkel van Syngenta

Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie. Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is. Syngenta, wat in 2000 tot stand gekom het nadat Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals saamgesmelt het,…
10 Apr 2020 44 min

Episode 5: Siyavora & Nate Heinrich John Deere US

In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref. Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die ‘vernuwing’ van landbou in…
27 Mar 2020 33 min

Episode 4: Landbou Akademie

Die nuwe Reitz Landbou Akademie is ‘n industrie-gedrewe inisiatief om die jeug met die nodige blootstelling, vaardighede en kennis toe te rus om landbou in SA te bevorder. Die idee van die Reitz Landbou Akademie het in minder as twee jaar ‘n realiteit geword, met 25 ingeskrewe studente en geld…
13 Mar 2020 26 min

Episode 3: Neil Claassen

Om meer van die metode van risiko-verspreiding in boerdery te wete te kom, het ek vroeër vanjaar by die VKB Bieliemieliefees in Reitz gesels met Neil Claassen, ‘n gesiene boer van die omgewing en hoofbestuurslid van Graan SA in die Reitz-streek. Neil verduidelik dat die Oos-Vrystaat ‘n verskeidenheidsvoordeel geniet, in…
28 Feb 2020 30 min

Episode 2: Buhle Farmers Academy

Die Buhle Farmers Academy is ‘n unieke, nie-winsgewende organisisasie wat jong, opkomende boere prakties oplei, by hulle Delmas-kampus wat bykans 180ha beslaan, om susksesvol en volhoubaar te wees in die landboubedryf. Buhle help hierdie jong landboukundiges as’t ware om die ‘gawe’ van boerdery ten volle te ontdek, aldus die instansie…
31 Jan 2020 51 min

Loodsepisode 1: John Deere Afrika Potgooi

Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen & 'n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas... Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies die uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope…
29 Jan 2020 43 min

Agri SA Kongres 2019: Barret Bar

As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie. Met ‘n Meestergraad in Ekonomie en ‘n MBA van die Kellogg School of Management, verduidelik hy hoe John Deere beplan om tegnologie en…
18 Nov 2019 27 min

Agri SA Kongres 2019: Dr Morné Mostert

Mostert is Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan Universiteit Stellenbosch, die enigste instituut van sy soort in Afrika, en sy navorsing fokus op die toekomstige wêreld en die impak van die vierde industriële rewolusie op die wêreld. Hy verduidelik dat om oor die toekoms te dink anders is as…
18 Nov 2019 27 min

Agri SA Kongres 2019: Hano Jacobs

Die hoof bedryfsamptenaar van Payteq, wat spesialiseer in die voorsiening van betalings- en rekeningoplossings, voer die gesprek verder oor tegnologie op die plaas. Payteq se fokus is op effektiewe betalingsisteme vir landbou. Volgens Jacobs is betalingstelsels die ruggraat vir enige ekonomie. Omdat die banksektor die afgelope ruk deur ‘n ongelooflike…
18 Nov 2019 23 min

Agri SA Kongres 2019: Gary McKay

McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas - met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die…
18 Nov 2019 26 min

Agri SA Kongres 2019: Rajan Gajaria

As uitvoerende vise-president van Besigheidsplatforms van Corteva Agriscience, glo Gajara in hoop, want dis slegs deur hoop wat die wêreld vooruitgang kan maak. Die uitstaande eienskap van boere regoor die wêreld, wat Corteva se navorsing aan die lig gebring het, is optimisme. Gajara praat padlangs oor die vierde industriële rewolusie…
18 Nov 2019 19 min

Agri SA Kongres 2019: Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe…
18 Nov 2019 46 min
40 – 60