AfriForum staan man by na aanranding by Witrivier-polisiestasie

Loading player...
Barend Byliefeldt wat verlede Sondag in die Witrivier-polisiestasie aangerand is, kon uiteindelik ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen aanmeld met behulp van AfriForum verlede week.
‘n Video wat deur sy verloofde, Delia Jordaan, geneem is en wat duidelik toon hoe hy voor die polisie deur ‘n groep mans aangerand word, het verlede week wyd op sosiale media versprei.
Jordaan sê hulle is die dag nie toegelaat om enige sake aan te meld nie.
‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging en crimen injuria is teen Byliefeldt geopen.
Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het met Sanett gesels oor hoe hulle die paartjie bystaan en die belang daarvan om te verseker dat dit nie met ander mense ook gebeur nie.
7 Apr 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min