Vermiste Nelspruit-meisie gevind na lang soektog

Loading player...
Die 19-jarige Selanna Biggs is gistermiddag gevind, na sy Saterdag as vermis aangemeld is.
Sy was in ‘n motorongeluk op die Kaapsehoop-pad.
‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur.
Volgens haar ma, Melisa, was sy vir meer as 27 uur in die wrak vasgekeer waar dit onder in 'n plantasie van die pad af beland het.
Selanna is na Nelspruit Mediclinic geneem vir behandeling. Sy het haar been gebreek.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het vir Sanett vertel hoe hulle haar uiteindelik opgespoor het.
12 Apr 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min