Fenomenale gemeenskap, reddingswerkers geloof vir Selanna se redding

Loading player...
Selanna Biggs (19) is Sondag gevind waar sy amper 28 uur in haar motor vasgekeer was na ‘n ongeluk. ‘n Groot soektog is van stapel gestuur sedert sy Saterdagmiddag as vermis aangemeld is.
Haar ma, Melisa Biggs, sê dit was verstommend hoe die gemeenskap saamgetrek het en ingespring het om te help om na haar dogter te soek.
“As dit nie was vir die gemeenskap nie, het ons vandag by ons dogter se graf gestaan, eerder as langs haar hospitaalbed,” vertel sy vir Réhann Coetzee.
Sy het ook met hom gesels oor die pad vorentoe.
Johan du Plessis vertel ook hoe dit hulle bykans twee uur geneem het om Selanna te red nadat hulle haar kar opgespoor het.
16 Apr 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min