Hoe om jouself teen slenters te beskerm.
--:--
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) sê die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is “social engineerging” waardeur mense gefop word om hul besonderhede te deel en dan so besteel word.
Daar is soveel voorbeelde van die praktyk, wat net in die laaste maand of twee in die nuus was. Basies doen mense hulself voor as ander op so ‘n manier dat jy, die slagoffer, dink dit is geloofwaardig.
Byvoorbeeld, bedrieërs maak asof hulle Sassa-werknemers is om jou inligting te steel en toegang tot jou rekening te kry of die “poskantoor” wil hê jy moet ‘n fooi betaal voor jy ‘n pakkie kan afhaal – en dan betaal die in die skelms se rekeninge in.
Onlangs het scammers hulself as ‘n bank se IT-personeel voorgedoen om – met mense se toestemming, onder die valse voorwendsel van sekuriteit - sagteware op hul tablette of fone af te laai om hul besonderhede en geld te steel.
Die uitvoerende hoof van Sabric, Nischal Mewalall, vertel ons meer oor wat mense uit voor kan kyk om hulself en hul geld beter te beskerm.