Agri-uur: 22 September, Thabo Olivier

Loading player...
Dit kan baie lonend wees om jou eie groente tuis te kweek, maar dit beteken ook dat jy met insekte te doen sal hê wat die groei van jou plante kan belemmer. Jy het dan twee opsies – om ‘n insekdoder te koop, of om jou eie insekdoder tuis te maak. In hierdie insetsel deel 'n bekende voedselsekerheidsaktivis in Bloemfontein, Thabo Olivier, hoe om jou eie insekdoder met rissies, uie en knoffel te maak. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gesels…
21 Sep 2021 9AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 11PM 5 min