Nellie-atleet laat nasionale rekords spat

Loading player...
Juané le Roux, ‘n gr. 8-atleet van Hoërskool Nelspruit, het Saterdag tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Boksburg drie allemintige nuwe Suid-Afrikaanse rekords in die F46-klas vir dogters o/14 opgestel.
In hierdie klassifikasie het atlete ‘n enkele amputasie bo of onder die elmboog.
Juané het die gewigstoot-rekord verbeter van 2,4 m na 12,34 m. In skyfwerp verbeter sy die nasionale rekord van 8,4 m na 36,5 m en in spiesgooi is die nuwe beste afstand in die land in dié kategorie nou 22 m – op van 7,9 m.
Sy het saam met haar afrigter, DP Badenhorst, met Robin gesels oor haar toekomsdrome.
22 Sep 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min