Agri-uur: 3 November, Isabel Kruger

Loading player...
Artikel 6 van die Wet op Veediefstal, Wet Nr 57 van 1959, het te doen met die oordrag van eienaarskap van vee. Volgens Isabel Kruger, voorsitter van die Veediefstal Voorkomingsforum in die Vrystaat, is dit ook dié artikel se sub-artikel 3 wat vereis dat die dokumentasie van die transaksie vir minstens een jaar gebêre moet word. Sy voeg by dat die dokument waarna in artikel 8 verwys word, ook ingevolge die Wet op Veediefstal, die vee-verwyderingsertifikaat is. Kruger sê hierdie twee dokumente is baie belangrik en lewendehawe produsente benodig dit as hulle vee vervoer en vee aankoop. OFM-nuus se Elsabé Richard het met haar gepraat…
3 Nov 2021 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min