Agri-uur: 1 Desember, Dr WA Lombard

Loading player...
Dis geen geheim dat 2021, net soos 2020, grootliks deur die Covid-19-pandemie gedryf is nie. Alhoewel die landboubedryf as noodsaaklik verklaar is gedurende inperkingsvlakke, is daar landboubedrywe soos die wynbedryf wat hard getref is. Dan is daar ook dieresiektes en onderwerpe soos grondhervorming wat van die gewilde onderwerpe in landbougemeenskappe was. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Dr WA Lombard, ‘n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor wat van die hoogte- en laagtepunte van 2021 was…
30 Nov 2021 4AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min