Agri-uur: 6 Desember, Jakkals le Roux

Loading player...
Feestyd word tipies gekenmerk deur omgee en die samekomste van vriende en familie, maar vir boere is dit 'n tyd om meer waaksaam te wees aangesien plaasaanvalle gewoonlik hierdie tyd van die jaar toeneem. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, versoek boere om op hulle hoede te wees. Le Roux se versoek volg nadat twee Vrystaatse boere verlede week op hulle plase aangeval is. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…
3 Dec 2021 5AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 11PM 5 min