Luister: Ma vertel hoe vermeende kapers dogter skiet

Loading player...
‘n Tienermeisie van Gauteng is gister in haar been getref toe sy saam met haar ma en boetie aangeval is, op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin.
Volgens Sersant Nanikie Nonyane van die Masoyi polisie, het dit om sowat kwart voor 1 gebeur naby die taxi-staanplek op die R538 deur Mganduzweni.
Die ma het stadiger gery oor ‘n spoedhobbel toe twee verdagtes op hulle begin skiet het. Sy het weggejaag.
Volgens die polisie is verskeie skote afgevuur wat onder meer die kar se regter agterband en windskerm getref het.
Die kind is Mediclinic Nelspruit toe geneem het vir behandeling.
4 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min