#DateaPuma: Ontmoet vir Darrien Landsberg

Loading player...
Liefde is in die lug met Valentynsdag om die draai en vyf gelukkige Laevelders kan ‘n afspraak wen – met niemand anders nie as ‘n Puma-rugbyspeler.
Ons het vanoggend vir Darrien Landsberg (23) ‘n bietjie beter leer ken. Dié slot is oorspronklik van Johannesburg en het net meer as ‘n jaar gelede by die Pumas aangesluit.
As jy graag saam met hom op ‘n Valentynsdag-afspraak wil gaan, stuur vir ons ‘n WhatsApp-boodskap (merk dit #DateAPuma) na 061-496-4323 en vertel ons hoekom. Wie weet, dalk is dit net die begin van iets spesiaal.
27 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie Glimlag herstel gesplete lippe in Mbombela

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg…
23 Jul 12 min

Chirurgiese marathon vir Mandelamaand

Cure Day Hospital Mbombela het hierdie Mandelamaand hande geneem met dokters en die ASH-stigting om toegang tot spesialis chirurgie te verbeter. Jessica Prim gesels saam met dr. Viola Morolo en dr. Brighton Mashava met Sonop Ontbyt.
22 Jul 14 min