Plaaslike mediese navorser in Ghana vereer

Loading player...
Die plaaslike wetenskaplike Eurika Mogane is die naweek met ‘n internasionale eretoekenning vereer by die Forty under 40 Afrika-toekennings.
Dit is in Ghana uitgeloof en Mogane het dit virtueel in ontvangs geneem.
Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak.
Hoewel Mogane in haar mediese navorsingswerk hoofsaaklik op gentika fokus, sê sy dit is haar passie om ander te bemagtig deur beter toegang tot inligting, iets wat ook die Golden Key Erevereniging se aandag getrek het.
Sy vertel self meer van haar paadjie tot hier, en wat is volgende.
29 Mar 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Applous na dapper inwoner verdagte help vastrek

Callum Mac Pherson ,moes 'n kliënt die week met 'n Bell's beloon na sy dapperheid gehelp het om 'n verdagte, wie Securicon glo 'n gewoontemisdadiger is, vas te trek. Hy gesels met Laeveld Brunch.
4 Jun 16 min

Hokkievrou op pad na Hokkie Wêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende Hokkie Wêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive.
4 Jun 6 min

Vertrou onderwysers

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is 'n krisis. Tot soveel as 70% van opvoeders ervaar dit, en byna 50% verlaat die professie binne hul eerste vier jaar. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings.
3 Jun 12 min

Teistering in die werkplek

Linda Brenchley, 'n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen.
3 Jun 15 min