Vier Paasfees met Crux: The Musical

Loading player...
“Crux: The Musical” word Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited.
Dit is Lizanne Barnard se eerste teks, en sy beskryf dit as musiekteater.
Die bekende Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word.
Die produksie wemel ook van plaaslike talent, met twee kore, dansers en soliste uit die omgewing wat daarin verskyn.
Moet dit nie misloop nie, hierdie Vrydag Saterdag en Sondagaand. Kaartjies is beskikbaar by Quicket, die kerkkantoor of Que’s Café in Sonpark.
12 Apr 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Applous na dapper inwoner verdagte help vastrek

Callum Mac Pherson ,moes 'n kliënt die week met 'n Bell's beloon na sy dapperheid gehelp het om 'n verdagte, wie Securicon glo 'n gewoontemisdadiger is, vas te trek. Hy gesels met Laeveld Brunch.
4 Jun 16 min

Hokkievrou op pad na Hokkie Wêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende Hokkie Wêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive.
4 Jun 6 min

Vertrou onderwysers

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is 'n krisis. Tot soveel as 70% van opvoeders ervaar dit, en byna 50% verlaat die professie binne hul eerste vier jaar. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings.
3 Jun 12 min

Teistering in die werkplek

Linda Brenchley, 'n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen.
3 Jun 15 min