#1  Operasie Umbra – Episode 1

--:--
Die polisiekaptein Victor Gerwel se selfdood op Gansvlei noodsaak die Staatsveiligheidsagentskap om ʼn klein taakspan soontoe te stuur vir ʼn ter plaatse ondersoek. Direkteur Frans Ludik besluit op agent Roux Koekemoer: “Koekemoer, as jy my drop stuur ek jou hoofkantoor toe”. Roux se eerste werksdag ontaard in ʼn nagmerrie.
Season 1 / Episode 1 25 Apr 2022 Afrikaans South Africa Drama

Other recent episodes

[Slot-episode] Operasie Umbra – Episode 120

In die slot-episode word die laaste raaisels ontknoop. Waar is die vervloekte verrykte uraan en wat het van die arme Mollie Manders geword? Gaan Brand van Blerck tronk toe of nie?
Season 1 / Episode 120 9 min

Operasie Umbra – Episode 119

Magda Manders se skielike verdwyning het almal weer in rep en roer. Brand van Blerck kry ʼn oproep en hy weet sy vriendin het hom nodig. Maar sake verloop heeltemal anders as wat enigeen kon voorsien. Dit word ʼn nagmerrie van ʼn agtermiddag.
Season 1 / Episode 119 9 min

Operasie Umbra – Episode 118

Die ambulans jaag met twee gewondes hospitaal toe. Matrone Gerda Bruinders het dringend agent Roux Koekemoer se hulp nodig, maar sy is baie vaag oor waarheen én hoekom sy wil verdwyn.
Season 1 / Episode 118 8 min

Operasie Umbra – Episode 117

Besonderhede van daardie noodlottige Saterdagmiddag toe Victor Gerwel vermoor is, kom aan die lig. Vir die eerste keer ná Magda Manders van haar erfporsie gehoor het, kry sy en Brand van Blerck ʼn geleentheid om gebeure te bespreek. Sy het ook ʼn goeie idee wie haar ontvoer het.
Season 1 / Episode 117 8 min

Operasie Umbra – Episode 116

Die dreigende konfrontasie tussen Malan van Wyk en Francis Gerwel kom al ʼn lang pad. Vandag is D-dag en die twee pak mekaar met al die geslepenheid en venyn waaroor elkeen beskik.
Season 1 / Episode 116 10 min