Agri-uur: 26 April, Pieter Taljaard

Loading player...
Die veiligheid van besoekers, uitstallers en personeel is vir Graan SA belangrik gedurende vanjaar se NAMPO Oesdag, wat vanaf 16 tot 20 Mei op NAMPO Park in Bothaville gaan plaasvind. Dit is volgens Pieter Taljaard, die hoofuitvoerende beampte van Graan SA. Taljaard sê dit is noodsaaklik om aan die Covid-19 regulasies, wat in plek gestel is deur die regering, te voldoen om te verhoed dat die virus nie by groot byeenkomste soos skoue versprei nie. Maar hy is hoopvol dat regulasies voor 16 Mei verslap sal word. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…
25 Apr 2022 9AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min