Dorp van die jaar semi-finaliste: Kaapsehoop

--:--
Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel.
Ons het met Alita Steenkamp van Kaapsehoop gesels oor wat haar dorp so spesiaal maak. Stemming in hierdie ronde sluit reeds Vrydag om 12:00. SMS die dorp se naam na 33157.
28 Apr 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

NHS-revue 2024: Genres

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 6 min

Beraad oor Bela eersdaags in Mbombela

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 7 min

Sitrusprodusente verwag rekord uitvoere, ondanks uitdagings

Die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika verwag 'n sterk uitvoerseisoen, met 'n geprojekteerde sewe-persent toename in suurlemoenuitvoere, wat 'n verdubbeling is sedert 2016. Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê hulle gaan binne ‘n maand met die EU, die grootste uitvoermark, konsulteer oor nuwe eise wat hulle stel oor "false…
24 Apr 13 min