Flinkdink speletjiesaand is terug

Loading player...
Raap jou slimste en skerpste vriende bymekaar en skryf as ’n span in vir Innibos se tweede Flinkdink op Donderdag, 19 Mei, om 18:00. Dit gaan nie net julle algemene kennis toets nie. In die Noot vir noot- en Beat the intro-afdeling kan die spanne mekaar lekker troef met hulle musiekkennis en luistervernuf. Die woordgeeste kan op hul beurt hulle slag wys met die blokraai, terwyl almal ’n gelyke kans staan in die gelukspel Bingo.
Vanjaar strek die pret en vermaak nóg verder: In die laaste Olimpiade-afdeling sal die Suikerbossie-spanne teen die luisteraars van 100.5FM (Radio Laeveld) meeding. Onthou om in te skakel indien jy nie self by Suidkerbossie kan wees nie maar nie die uitdaging wil misloop nie.
Andy Lubbe en Alison Linde het met Mireille gesels.
Besoek www.innibos.co.za om die inskrywingsvorm af te laai en kontak Linde by 082-460-3855 met enige navrae.
12 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min