Vyf rondloper-olifante geskuif, een van kant gemaak

Loading player...
Vyf van die olifante wat Saterdag in Nkomazi opgemerk is, is gister gevang en in die vroeë oggendure na die Krugerwildtuin verskuif. Een bul moes van kant gemaak word, weens ‘n ernstige skietwond in sy skouer wat sy beweging belemmer het. Die trop, geskat op 11 olifante, se reis het in Mosambiek begin. Hulle is deur KwaZulu-Natal na Eswatini vanwaar hulle Suid-Afrika binnegekom het. Hulle is Saterdag die eerste keer in die Madadeni-area opgemerk. Ike Phaahla van die Krugerwildtuin sê dit is onbekend waar die ander lede van die trop hulle bevind.
13 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min