Charl Saunderson gesels in sy weeklikse rubriek “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en dorper-teler in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as motiveringspreker, predikant en berader en tree gereeld op as spreker by verskeie geleenthede. Hy kyk vandag na die uitdagings van landbouers om voedsel te produseer. Hy vertel van hoe boere hul uitdagings aangegryp het en ‘n sukses daarvan gemaak het.