Bloedbank vir honde en renosters red lewens

Loading player...
Dit was ‘n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy ‘n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het.
“Dit was baie moeilik om ‘n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,” sê sy.
Daar het sy besef hoeveel makliker dit sou wees as veeartse hondbloed in hul yskaste kon hou vir noodgevalle. So is die Lowveld Blood Bank gebore.
Hulle samel ook renosterbloed in, wanneer ‘n renoster in die veld gepyl word vir welke rede, vir gebruik deur Care for Wild se renosterwesies. Sy het vir Mireille vertel hoe werk dit.
1 Jun 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min