Pumas en Griekwas pak mekaar in die Curriebeker-eindstryd

Loading player...
Die Pumas gaan Saterdag vir die eerste keer ooit in 'n Curriebeker-eindstryd in Kimberley speel. Hulle het Saterdagmiddag 'n opwindende halfeindstryd-oorwinning teen die Cheetahs in Bloemfontein behaal. Die span van Mpumalanga het met 38-35 gewen, danksy 'n drie op die nippertjie deur Ali Mgijima. Die Pumas kom teen die Griekwas te staan wat die verdedigende kampioene, die Bulle, Vrydag op Loftus met 30-19 geklop het. Dit is die Griekwas se eerste Curriebeker-eindstryd sedert 1970.
Die Pumas se Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg het met die Ontbyt-span gesels oor wat dit vir die span beteken.
20 Jun 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min