#DieGROOTBrekfis Bonné de Bod - Bewonder & Bewaar

--:--
Hierdie is ’n kragtige reeks wat kykers met die planeet verbind. Bekroonde natuurlewe-televisieaanbieder en vervaardiger Bonné de Bod is bekend vir haar vermoë om wildlewe navorsers, veeartse en omgewingswetenskaplikes op hul gemak voor die kameras te plaas. Regdeur die reeks bring sy die warmte en passie na vore wat hierdie voorste wetenskaplikes vir hul navorsingsonderwerpe het. Deur hulle oë, kom ons ook meer te wete oor die ikoniese wilde diere en ongerepte wildernesse waaraan hulle hul lewens wei. Op haar reise na die afgeleë uithoeke van die wêreld, ervaar Bonné eerstehands hoe van die planeet se mees toegewyde navorsers die geheimenisse van Moeder Natuur ontsluit, en kom sy agter hoe hierdie mense nie net met klein en groot gediertes werk nie, maar terselfdertyd hul drome nastreef met ’n ‘daaglikse’ bestaan in die natuur.
Hierdie interaksies gee ons ’n dieper insig tot die menslike gees, maar nóg meer - dit is ’n ontdekkingsreis vir Bonné, soos sy haarself in hul bestaan ingrawe om uit te vind wat die hartklop is van hul baanbreker-navorsing... en of hulle werklik daardeur vervul word.
Bekroonde regisseur Susan Scott staan aan die stuur van hierdie produksie met haar uitsonderlike beeldmateriaal en teks. Bonné en Susan het al regoor die wêreld verfilm - in Afrika, Asië, Europa, die Noordpool sowel as Noord- en Suid-Amerika. Vir hierdie reeks, het dié gedugte span, bekend vir hul ongekende toegang tot wildernisgebiede wat afgesonder en moeilik, maar terselfdertyd ook beeldskoon is om in te verfilm, natuurlewe-navorsers in die vooraanstaande wildernisgebiede van Suid-Afrika, Namibië en Argentinië op kamera vasgelê.
Sien die planeet deur die lense van hierdie bekroonde filmmakers elke Sondagaand om 20:00, eksklusief op kykNET. (Die eerste episode is hierdie Sondag 17 Julie om 20:00)
15 Jul 2022 Afrikaans South Africa Entertainment News · Comedy

Other recent episodes

#DieGROOTBrekfis Liezel van der Merwe

Liezel van der Merwe het op #DieGROOTBrekfis kom gesels oor hoop as daar seer in die huwelik was. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
23 Apr 28 min

#DieGROOTBrekfis - Sensasie

Chris Sen (Sensasie) het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike kom inloer om te gesels oor die liedjies wat hy tans nuwe lewe gee met sy hermengde weergawes. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
22 Apr 32 min