Verstaan hoe finansiële hulp aan studente werk

--:--
Maak sin van geldelike studentehulp – luister saam
Sluit aan vir ’n gesprek met dr. Sybil Seoka vir ’n kykie na hoe jy die onderwerp van finansiële studentehulp in die huidige ekonomiese klimaat kan navigeer.
Die pandemie het baie dinge in die samelewing en ekonomie verander – van die manier waarop ondernemings sake doen en hoe jy reis, tot hoe die opvoedkundige bedryf funksioneer.

Jy het gesien hoe digitalisering toeneem en meer afstandsleergeleenthede vir studie op skool en tersiêre vlak beskikbaar gestel word om studente gedurende die opeenvolgende vlae van inperking te kon bystaan. Net soos met tradisionele opvoedingsinstansies, is geldelike hulp ’n voordeel wat vele studente kan help om hierdie aanlyn instellings met gerief te kan bekostig.

Luister hier na ’n gesprek met dr. Sybil Seoka, voorsitter van die PPS-stigting, om die onderwerp van geldelike studentehulp te bespreek. Dit kyk na hoe studente toegang tot hierdie voordele kan kry en daarvoor aansoek kan doen, asook die werk van die PPS-stigting, wat ten doel het om onderwys- en leerervarings in die tersiêre opvoedingsfeer te verbeter.

Hierdie plasing is geborg deur die PPS-stigting en vervaardig deur Adspace Studio.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteer. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
3 Aug 2022 English South Africa Business · Business

Other recent episodes

Hoe jy meer kan kry as jy jou finansiële toekoms nou al begin beplan

Luister na ’n gesprek met Hugo Malherbe, die uitvoerende hoof vir produkontwikkeling by PPS Beleggings. Daar word diep in die onderwerp van aftrede gedelf en gekyk na die belangrikheid van belegging in jou finansiële toekoms. PPS Beleggings is ’n gemagtigde FDV.
5 Dec 2022 11 min

Só kan jy familiebeleggings hanteer

Sluit by ons aan om met Anil Thakersee van PPS Beleggings te gesels oor die onderwerp familiebeleggings binne die ná-pandemie-landskap Die ekonomiese landskap is oor die afgelope twee jaar geheel en al verander – veral wat beleggings en die besluit waar om jou geld die beste te beveilig betref. Een…
21 Jun 2022 9 min