Veiligheidskwessies wat toerisme raak kry aandag

Loading player...
‘n Toerisme lekgotla wat verlede week in die Laeveld gehou is, het verskeie veiligheidskwessies uitgelig.
Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld-sakekamer (KLCBT) sê hulle werk saam met die regering om die probleme op te los.
Die adjunkminister vir toerisme, Fish Mahlalela, het dit ook bygewoon en die Numbi-pad besoek, waar sukses reeds behaal is in samewerking tussen die private sektor en Mbombela-munisipaliteit.
Grimbeek sê strategieë word benodig oor hoe om onwettige immigrante, onwettige mynbou, groot vragmotors by die Lebombo-grenspos en op toeristepaaie, en protesoptrede te hanteer.
9 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min