Argeologiese opgrawings ouer as Mapungubwe in Krugerwildtuin ontdek

Loading player...
‘n Argeologiese ontdekking in Letaba in die Krugerwildtuin toon tekens dat dit ouer kan wees as die Koninkryk van Mapungubwe, die oudste bekende inheemse koninkryk in Suider-Afrika wat sowat 1 000 jaar oud is.
Artefakte wat by Letaba ontdek is word beskou as ten minste 1 600 jaar oud en toon tekens van internasionale handel wat in dié tyd gedryf is.
Dr. Xander Antonites is deel van die argeologiespan by die Universiteit van Pretoria wat dit uitgrawe en bestudeer.
Hy verduidelik hoekom dit so belangrik is.
21 Sep 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Operasie Glimlag herstel gesplete lippe in Mbombela

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg…
23 Jul 12 min

Chirurgiese marathon vir Mandelamaand

Cure Day Hospital Mbombela het hierdie Mandelamaand hande geneem met dokters en die ASH-stigting om toegang tot spesialis chirurgie te verbeter. Jessica Prim gesels saam met dr. Viola Morolo en dr. Brighton Mashava met Sonop Ontbyt.
22 Jul 14 min