Addisionele sekuriteit op Numbi-pad aangebring na moord op toeris

Loading player...
Addisionele sekuriteitmaatreëls word op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin geïmplementeer sedert die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê private patrollies en ‘n kamera is sedert April geïnstalleer.
Bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie sal binne die volgende twee weke in werking gestel word.
Hulle fokus ook op toerisme-aktiwiteite om gemeenskappe rondom die Krugerwildtuin uit toerisme voordeel te laat trek.
Sy het met Mireille gesels.
12 Oct 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min