Maatskappy trek aansoek terug om langs die Krugerwildtuin steenkool te myn

Loading player...
Tenbosch Mining, wat steenkool aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin wou myn, het sy aansoek om ‘n mynlisensie en omgewingsgoedkeuring teruggetrek.
Dit sou oor ‘n gebied van 18 000 ha naby die wildtuin en Komatipoort strek.
Verskeie organisasies het hul stem teen die ontwikkeling dikgemaak omdat dit straks enorme nadele en vernietigende gevolge vir die onmiddelikke omgewing, Krokodilrivier, natuurreservate, wildlewe, die padnetwerk en landbou sou inhou.
Lambert de Klerk, die hoof van omgewingsake by AfriForum, verduidelik dat hulle verwag ‘n volgende aansoek vir mynregte in die area sal gebring word.
26 Oct 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min