Nelspruit stoeiers presteer by SA's

Loading player...
Vier stoeiers van Nelspruit Stoeiklub het uitstekend gevaar by die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad.
Samuel Odendaal (15) het silwer in Grieks-Romeins en brons in vrystyl o.51 kg gewen.
Jaden Deysel (13) het goud in vrystyl en goud in Grieks-Romeins o.51 kg verower.
Louis Odendaal (13) is ‘n goue medalje ryker in vrystyl en ‘n silwer in Grieks-Romeins o.34 kg.
Matthias Odendaal (11) het op sy beurt ‘n brons in vrystyl o.34 kg gekry.
Vanjaar was ook die eerste keer in sowat 15 jaar dat Mpumalanga by die Noordvaal Elite-toernooi ‘n medalje kon wen en het met brons huis toe gekom.
Boeties Samuel, Louis en Matthias was ook in dié span. Hulle het saam met ma en spanbestuurder, Suné, in die ateljee kom kuier.
27 Oct 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min