Departement waarsku oor uitbreek van masels in die Laeveld

Loading player...
Die Mpumalanga gesondheidsdepartement is op ‘n hoë gereedheid na drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig is. Volgens die departement is die gevalle tussen 1 en 10 November onder drie kinders van tussen 18 maande en ses jaar oud in Lydenburg en Bosbokrand aangemeld. Reaksiespanne is geaktiveer en die mense wat in kontak was met die kinders word gemonitor en getoets. Die LUR, Sasekani Manzini, moedig ouers aan om te verseker hul kinders is teen masels ingeënt. Mandla Zwane, direkteur van oordraagbare siektes in die departement, gesels met Ludi en Mireille.
16 Nov 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min