Agri-uur: 18 Januarie, Elmarie Prinsloo

Loading player...
Vele landboukampioenskappe is weer aan die orde van die dag op vanjaar se Bloemskou. Dié skou vier vanjaar 'n mylpaal van 140 jaar in die skoubedryf. Die hoof uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê beplanning is reeds volstoom aan die gang ná ‘n suksesvolle skou verlede jaar, wat ten spyte van uitdagings en Covid-19 regulasies goed verloop het. Die skou vind vanjaar vanaf 27 April tot 6 Mei plaas.
18 Jan 2023 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 11PM 5 min