Laevelders behaal skitterende uitslae in IEB-eksamen

Loading player...
Die matrieks wat in 2022 die Onafhanklike Eskamenraad (IEB) se eindeksamen afgelê het het vir die sesde agtereenvolgende jaar ‘n slaagsyfer van meer as 98% behaal. Uplands College, Penryn College en Curro Nelspruit het almal ‘n 100%-slaagsyfer behaal.
By Curro Nelspruit was Gouri Haneesh die toppresteerder. Sy het agt onderskeidings verwerf. Haar gemiddeld was 93,25%.
Sy is ook in die top 1% van die IEB-kandidate landwyd in Engels Huistaal, Lewensoriëntering en Toerisme.
Verder is sy ook op die lys van uitmuntende presteerders wat onder die top 5% in ten minste ses vakke is en ‘n A in Lewensoriëntering behaal het.
Sy vertel hoe haar jaargroep - wat in gr. 10 was toe die Covid-19-pandemie hul skoolloopbane in 2020 ontwrig het – die uitdagings oorkom het.
18 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min