Weerdiens monitor tropiese storm Freddy voor hy in Mosambiek aanland

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê tropiese storm Freddy” sal volgens die jongste inligting die noord-oostelike dele van die land vanaf vroeg Saterdag tot Maandag affekteer. Die grootste impak word in Vhembe en Mopani in Limpopo verwag met swaar reën van tussen 200 mm en 400 mm sowel as sterk winde.
Ehlanzeni-distrik sal na verwagting tot ‘n mindere mate geraak word, maar gegewe die beduidende oorstromings wat die afgelope weke reeds in die area ervaar is, kan die impak katastrofies wees.
Mosambiek het 'n rooi waarskuwing uitgereik oor Freddy.
Hy word tans geklassifiseer as 'n matige tropiese storm en sal na verwagting versterk tot 'n hewige tropiese storm teen môre wanneer hy in die suide van Mosambiek tussen Govuro en Vilankulos land.
Molebohene Manthata van die SAWD:
23 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min