Interhoër 2023

Loading player...
‘n Hele paar rekords het Saterdag by die Interhoër-atletiekbyeenkoms gespat. Hoërskool Nelspruit (NHS) het 1 602 punte bymekaar gemaak, Lydenburg 1 369 en Rob Ferreira 1 149.
Op die pawiljoen het NHS die “Bring it”-beker vir die opkoms van die dirigente, die Grootbek-beker vir die dirigente groep, die “Move it”-beker vir die voorbereide liedjies en die Raasbek-beker vir die gees van die skool gewen.
Die gashere, Hoërskool Lydenburg, het die “Wing it”-beker vir die beste onvoorbereide liedjie gewen en die toekenning vir die beste dirigent het aan Hanco Barnard van die skool gegaan.
Hoërskool Barberton het die nuwe Lerata-beker, vir die skool wat die grootste geraas kon maak, huis toe geneem.
Barberton bied in 2024 die byeenkoms aan. Mireille gesels met die waarnemende hoof, Sonja Duvenage.
27 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min