Spoorloos op die Oranjerivier: Dag 1

Loading player...
Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het gister die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid.
Hulle het afgeskop by die rivier se oorsprong net buite die grens met Lesotho.
Francois gesels met die Sonop Ontbyt-span
#Spoorloos #HaalAsem
100.5FM volg hul avontuur regstreeks. Skakel weeksdae 07:20 en 16:20 daarvoor in.
13 Mar 2023 Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Fokus op mansgesondheid die maand

November is mansgesondheidbewustheidsmaand. Ons gesels met prof. Michael Herbst van KANSA oor prostaat- en testikulêre probleme.
25 Nov 19 min

Sportverslag met Anton 24 November

Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels oor die naweek se Springbok-oorwinning oor Ierland en die Proteas se aangaande kriekettoets teen Indië met Laeveld Brunch.
24 Nov 9 min

Fokus op borskanker die maand

Oktober is borskankerbewusmakingsmaand. Sharon Venter, KANSA se Koördineerder vir Versorgingsoorde in George en die Dienskoördineerder vir palliatiewe sorg, stomasorg en kliniekondersoeke in die Suid-Kaap en Karoo, gesels oor vrouegesondheid.
28 Oct 9 min

KANSA bied ondersteuning vir kinders

Kinders wat met kanker gediagnoseer word het spesiale behoeftes wat verskil van die van volwassenes. KANSA bied daarom spesifieke ondersteuning. Anina Meiring, dienstebestuurder van kinderkanker wat KANSA se TLC-program bestuur, wei daaroor uit.
30 Sep 12 min