Stonehouse sê die Pumas se skrums kort werk

Loading player...
Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, sê hy is tevrede met sy span se veggees, na hul oorwinning van 28-13 teenoor die Griekwas Vrydagaand in Mbombela.
Die Pumas bly dus onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na drie rondes.
Hulle kon drie drieë druk teenoor een deur die Griekwas.
Stonehouse sê die sy span was teen druktyd onder druk sonder die bal en die besoekers het hul verdediging getoets – ook vir die 10 minute wat hulle met 14 mans moes speel na Tinus de Beer koelkas toe gestuur is.
“Ons gaan noukeurig na ons balbesit moet kyk vorentoe,” sê hy.
27 Mar 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min