Solidariteit beplan om die nuwe Wet op Diensbillikheid te beveg

Loading player...
Solidariteit maak gereed vir ʼn enorme regstryd oor die nuwe Wet op Diensbillikheid. Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa ná talle aanmanings voortgegaan het om dié wet te bekragtig.
Solidariteit voer aan dat dié hersiene wetgewing drakoniese magte aan die minister van arbeid gee om rasseskuiwe volgens die regering se politieke agenda te maak.
Connie Mulder, die hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesels met Andri oor die wetgewing en hoe dit verskil van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie en hoe dit die Suid-Afrikaanse werksmag en ekonomie raak.
Luister weer hier.
19 Apr 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min