#2  Dr Lonell Coetzee

--:--
Colene druk haar neus in die wolke in die gesprek met Dr Lonell Coetzee. Lonell is onder andere ‘n bekroonde lugbeheer kontroleerder of beter bekend as ‘n “air traffic controller”, helikopter vlieënier en instrukteur. Sy is gesout in vele aspekte van die besigheid van lugvaart bestuur. Daar is geen tyd vir leeglê in Lonell se dagboek nie. Haar nuutste skepping “The Henley Aeronautical Institute of Learning” bied vars loopbaan geleenthede binne die lugvaart industrie vir beide groentjie studente asook lewenslange leerders. Haar determinasie en entoesiasme is aansteeklik en sy skryf baie van haar sukses toe aan die kwaliteit van aanpasbaarheid wat sy geleer het as kind binne ʼn lugmag familie wat gereeld basis moes skuif. Een ding is verseker, Lonell se vlerke is veels te groot om ooit geknip te word. Ons gesels ook oor rolmodelle, bronne van inspirasie, kinders grootmaak en diesel enjins!
Season 1 / Episode 2 15 May 2023 Afrikaans Explicit South Africa Business · Education

Other recent episodes

Robert Wilke

In my Neus in jou Besigheid gesels Colene met een van Travel with Flair (TWF) se stigterslede, Robert Wilke. As wêreldreisiger gesels hul oor familie, reis, die belangrikheid van ‘n gesonde besigheids kultuur en wat Suid-Afrika steeds “huis” maak vir die wêreldburger en boerseun van die Vrystaat en Pretoria.
Season 1 / Episode 5 49 min

Rian van Heerden

Colene gesels met Rian van Heerden oor sy skugter kinderjare tot een van die meeste bekendste gesigte op TV en stemme op Radio. Aan positiewe kompleksiteit het Rian geen te kort nie en sit daad aan elke idee en kry die beste uit elke persoon wat sy pad kruis. Rian…
Season 1 / Episode 4 54 min

Izak du Plessis

Colene gesels met Izak du Plessis oor sy lewensreis van regs student na dominee na sosatie sjef na toekennings bekroonde radio en TV uitsaaier. Aan kleurvolle ervarings het Izak geen tekort nie, en hy deel sy hoogte en laagtepunte met rou eerlikheid. Ons gesels ook oor die skryf van sy…
Season 1 / Episode 3 37 min

Herman Swart

Van die army tot casino uitsmyter tot kaptein in die sakewereld van hotel en gasvryheidbestuur. Herman Swart het meer as 30 jaar ervaring in bestuur en innovasisie in elke askep van dié komplekse en riskante besigheid. Herman is tans die Algemene Bestuurder van Sun International se gesogde Maslow hotel in…
Season 1 / Episode 1 34 min