#9  Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8

--:--
Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8
Die swendelaar Thabo Bester se verlede het hom ingehaal en was moontlik indirek die rede waarom hy ’n plan moes bedink om finaal sy vryheid te probeer koop. Was dit nie vir gewone Suid-Afrikaners se verslagdoening, speurvernuf en oplettendheid nie, het hy moontlik weggekom met sy grootste slenter tot nog toe.
Reeds as tiener in 2004 haal Thabo Bester die voorblad van ’n Sondagkoerant weens sy bedrieglike bedrywighede.
Op vele terreine begin Bester se tyd uitloop – of dit nou oudregter Edwin Cameron is wat inligting aan joernaliste uitlek, Magudumana wat hom inlig joernaliste en speurders is warm op sy spoor, of Suid-Afrika se aktiewe burgery wat Bester se bewegings begin beperk – hy raak desperaat, en begin werk aan sy grootste slenter. Hy begin sy eie bedrieglike dood beplan ten koste van talle slagoffers en hul naasbestaandes – die tyd sal leer wie almal betrokke was. Die waarheid haal Bester en sy medepligtiges stadig maar seker in.
Season 1 / Episode 9 23 May 2023 Afrikaans South Africa True Crime · True Crime

Other recent episodes

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10 Om te dink dié drama begin met ’n foto van ’n glansdokter en ’n bottel vrugtesap in Woolworths ... Die Thabo Bester en dr. Nandipha Magudumana-storie is die laaste tyd oral in die nuus. Bester, ’n berugte verkragter en moordenaar, bewerkstellig ’n…
Season 1 / Episode 11 11 min

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9 Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde. In hierdie voorlaaste aflewering van dié reeks, bekyk ons die weke lange mediadekking wat die een, ná die ander wending in dié drama onthul, of sosiale media wat interessante inhoud oplewer of…
Season 1 / Episode 10 10 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7 Hoe maak ’n gevangene – soos die verkragter en moordenaar Thabo Bester – meer geld uit sy sel as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners daarbuite? En hoe omseil Bester finansiële instellings se regulasies, asook Jan Taks se valkoë? Is dit dalk nog van die…
Season 1 / Episode 8 11 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6 Ná byna ’n dekade se ondersoekwerk by G4S se maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein, het die Britse joernalis Ruth Hopkins in ons vorige episode verduidelik hoe sameswering en korrupsie die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om te ontsnap – en…
Season 1 / Episode 6 7 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 5

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 5 Die verstommende ontsnappingsdrama van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis in Mei 2022, het moontlik die doodsklok gelui vir privaat tronke in Suid-Afrika. Dit was dekades lank 'n lewende hel en nou lyk dit of die lang arm van…
Season 1 / Episode 6 9 min