#11  SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10

--:--
SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10
Om te dink dié drama begin met ’n foto van ’n glansdokter en ’n bottel vrugtesap in Woolworths ...
Die Thabo Bester en dr. Nandipha Magudumana-storie is die laaste tyd oral in die nuus. Bester, ’n berugte verkragter en moordenaar, bewerkstellig ’n verregaande ontsnappingsplan met politici en amptenare in sy sak. Hy besluit om sy eie dood te fnuik, en uiteindelik werklik vry te wees nadat hy – met behulp van sy minnares Magudumana en verskeie bewaarders – in en uit die privaat maksimumveiligheidgevangenis kon beweeg asof dit ’n koshuis is. Omdat die meeste Suid-Afrikaners wat deesdae gefrustreerde speurders is ter wille van oorlewing, en weens ál meer vrae in die media, word Bester se bewegings beperk.
Die Thabo Bester-verhaal het al die elemente van ’n skouspelagtige riller, wat die gevaar loop om die hoofrolspelers te verromantiseer. Die slagoffers en hul families moet net nóóit uit die prentjie gelaat word nie. Mag die waarheid tydens die verhoor geopenbaar word en geregtigheid vir almal seëvier.
(Hierdie aflewering is saamgestel met inligting en argiefklank verkry uit verskeie openbare nuusbronne, soos Twitter, Crime in SA, 947, YouTube en CHAIfm.)
Season 1 / Episode 11 30 May 2023 Afrikaans South Africa True Crime · True Crime

Other recent episodes

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9 Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde. In hierdie voorlaaste aflewering van dié reeks, bekyk ons die weke lange mediadekking wat die een, ná die ander wending in dié drama onthul, of sosiale media wat interessante inhoud oplewer of…
Season 1 / Episode 10 10 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8 Die swendelaar Thabo Bester se verlede het hom ingehaal en was moontlik indirek die rede waarom hy ’n plan moes bedink om finaal sy vryheid te probeer koop. Was dit nie vir gewone Suid-Afrikaners se verslagdoening, speurvernuf en oplettendheid nie, het hy…
Season 1 / Episode 9 12 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7 Hoe maak ’n gevangene – soos die verkragter en moordenaar Thabo Bester – meer geld uit sy sel as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners daarbuite? En hoe omseil Bester finansiële instellings se regulasies, asook Jan Taks se valkoë? Is dit dalk nog van die…
Season 1 / Episode 8 11 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6 Ná byna ’n dekade se ondersoekwerk by G4S se maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein, het die Britse joernalis Ruth Hopkins in ons vorige episode verduidelik hoe sameswering en korrupsie die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om te ontsnap – en…
Season 1 / Episode 6 7 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 5

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 5 Die verstommende ontsnappingsdrama van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester uit die Mangaung-gevangenis in Mei 2022, het moontlik die doodsklok gelui vir privaat tronke in Suid-Afrika. Dit was dekades lank 'n lewende hel en nou lyk dit of die lang arm van…
Season 1 / Episode 6 9 min