Lunch Punch: Club 21 se Izelle Els & Amanda Fourie oor The Sound of Music in Atterbury Kollig

--:--
Die missie van Club 21 is om 'n weg te baan vir kinders met Downsindroom in Suid-Afrika en uiteindelik die res van die wêreld. Izelle Els, die stigter van Club 21 en hoof, Amanda Fourie, kuier in die ateljee om meer te vertel oor die verhoogproduksie, The Sound of Music, ten bate van hierdie leersentrum.

Weens 'n oorweldigende openbare aanvraag na verlede jaar se produksie, is The Sound of Music terug.

The Sound of Music is 'n musiekdrama, met Chris Coetzer (een van die 3 tenore van Suid-Afrika), Marlene Bezuidenhout (liedjieskrywer en sangeres) en Club 21 Learning Centre (studente met Downsindroom). Liedjies sal insluit: The Hills are Alive, Sixteen Going on Seventeen, My Favorite Things, Do-Re-Me, Climb Ev’ry Mountain, The Lonely Goatherd en Edelweiss. Jou hart sal aangeraak en getem word deur Maria, Kaptein von Trapp en die kinders.
26 May Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Lunch Punch: West se Ernie Bates, Mac Young en Hugo Hewitt in Atterbury Kollig

Die Amerikaanse countrylegende Charley Pride het een keer opgemerk: “It isn’t reasonable to expect that everyone in the world is a country music fan.” En toe met ‘n glimlag bygevoeg: “Not yet, anyway.” Aanhangers van countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus notisie neem van West, die treffergroep bestaande…
22 Sep 6 min