Ouers eis antwoorde oor Estralita Spesiale Skool

Loading player...
Hanlie Swanepoel, die hoof van Estralita Spesiale Skool in Lydenburg, is in Mei verlede jaar deur die provinsiale departement van onderwys gevra om eerder nie skool toe te kom nie, weens kommer oor haar veiligheid.
Dit is na lede van Nehawu wat by die skool werk, ernstige bewerings teen haar gemaak het.
Sy is nooit geskors nie en die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n ondersoek van stapel gestuur.
‘n Jaar later, is die uitslag van die ondersoek nog nie bekendgemaak nie.
Sedert verlede Maandag, is die skool nie meer operasioneel nie.
Ouers soek antwoorde.
Sonja Boshoff, ‘n DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, en Lindi Sepobe, die voorsitter van die skoolbeheerliggaam, gesels met Mireille.
9 Jun 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Wêreld Woordeboekdag

Wêreld Woordeboekdag was Vrydag, 16 Oktober. 100.5FM het gesels met Yolandi Farham, die uitgewersdirekteur vir Afrika by Oxford University Press oor kunsmatige intelligensie (KI) en soekenjins wat leerders binne sekondes van ’n antwoord kan voorsien. Sy waarsku egter ’n vinnige vertaling bou nie die nodige begrip wat nodig is om…
19 Oct 10 min

Sluit aan by Amazing Race

Volgens Vrydag is dit weer tyd vir Child Welfare Nelspruit se jaarlikse Amazing Race! Nomfundo Myeza vertel meer.
16 Oct 12 min