Boekkeuse - 15 August 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons fokus vandag is op ons luisteraars as lesers en ons bied graag besprekings aan van ‘n aantal voortreflike boeke in verskillende genres.
Joan Hambidge bespreek Sluitstuk deur Johann Rossouw, wat volgens haar “skerpsinnige kommentaar lewer op dit wat ons dink ons weet van Karel Schoeman.” Die roman, Oseaan tussen-in deur Jeanette Stals word deur Brenda Barlow bespreek – ‘n leeservaring wat vir haar opwindend was.
Bill Nasson se bespreking van die belangrike biografiese werk, oor Generaal Jan Smuts se betrokkenheid in die Eerste Wêreldoorlog, ‘n studie deur David Brock Katz kom ook aan die beurt. Hier is die tergende vraag oor hoekom Smuts tydens die Tweede Wêreldoorlog so hoog aangeslaan is en in die Eerste Wêreldoorlog onder kritiek deur geloop het.
Riette Rust het veel plesier gehad aan die lees van die raaiselroman, Blou moord, deur Francois Bloemhof, ‘n ware wie-doen-dit in die Agatha Christie tradisie.
Riette Rust bespreek ook Madeleine Rust se vertelling Van rus tot vrede waarin sy besinnend deel oor haar stryd met ongeneeslike kanker. ‘n Werk van inkeer en moed.
Joan Hambidge kom weer aan die woord met haar bespreking van Duisend-en-een nagte, Wium van Zyl se vertaling van die beroemde Irans-Nederlandse skrywer, Kader Abdolah se 1001 Naghte. Dit handel uitsluitlik oor vroue, oumas, vindingryke diensmeisies en verleidelike slavinne.
15 Aug 2023 Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 09 April 24

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
23 Apr 57 min

Boekkeuse - 09 April 24

In hierdie propvol aanbieding van Boekkeuse, aangebied deur Amanda Botha, gesels Riette Rust met die forensiese deskundige Dr. Hestelle van Staden oor haar boek, Outopsie. En, die bekende teoloog Dr. Christina Landman gesels oor haar outobiografie, ‘n Lewe. Joan Hambidge bespreek Etienne van Heerden se jongste roman, Gebeente, en Antoinette…
9 Apr 56 min

Boekkeuse - 26 March 24

In hierdie episode van Boekkeuse aangebied deur Amanda Botha, gesels Riette Rust met bekroonde skrywer Leon van Nierop oor sy nuutste boek Duiwelsroos . Fanie Viljoen gesels oor sy 20 jaar as skrywer. Brenda Barlow bespreek Dana Snyman se Die binneland in tesame met Hierdie land, daar is iets aan…
26 Mar 58 min

Boekkeuse - 12 March 24

In hierdie propvol aanbieding van Boekkeuse – FMR se gereelde geselsprogram oor skrywers en boeke - aangebied deur Amanda Botha: Twee geliefde skrywers kuier in die Boekkeuse-ateljee. Anoeschka von Meck gesels oor haar jongste roman, Twa die tydloper, en Wendy Maartens, vertel meer oor haar jongste boek, Sankind Lees die…
12 Mar 59 min

Boekkeuse - 27 February 24

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
27 Feb 57 min