Nagsê Here #44

--:--
Goeie Naand,

Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare.

Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy doen?

Dis alles vrae wat jou op een plek vasgevange hou?

Dawid skryf dat Die Here vir die opregtes sorg in Ps 7. Miskien vra jy vanaand waarom dan al die onreg, die omkopery, die kwaadwilligheid van mense, die seermaak en seerkry, hoekom is daar soveel hartseer, wat maak ek met tyd en plek?
Jy voel dalk soos ‘n teiken en almal skiet hul pyle na jou, dalk voel jy dat alles wat verkeerd kan gaan, gebeur met jou.

Dit is net geloof wat jou staande hou met al hierdie vrae.

Daarom sê Dawid in vers 11 en 12 “My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.” Hierdie skild van God kan die pyle keer, dit kan skaduwee verskaf in gloeiende son en snags gebruik word as ‘n dak en in stormweer as ‘n sambreel.

Dit help jou om alles wat met jou gebeur te deurstaan omdat Hy jou beskerm sodat jy verlos kan word tot Sy eer. Hy bly Die Regter wat regverdig is, Hy sien die onreg en kwaadwilligheid en daaroor is Hy woedend, elke dag.

Die 1983 vertaal die verse “God wat die opregtes help, is my beskermer. God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf.”

Dit klink amper soos die spreekwoord “Die wiel draai” maar daarvan moet jy jou asseblief weerhou, Hy het in Sy liefde ook jou liefde nodig wat jy met jou lewe moet bewys.

Mag jy eerder antwoord op al die dinge wat in jou lewe gebeur, die mooi en die lelik, die soet en die suur, die reg en die verkeerd soos Ps 7 eindig “Ek wil die Here loof na Sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.”

Mag jou lewe ‘n lofsang aan Die Here jou God bly. Hy sal jou verlos op Sy tyd vir jou bestem.

AMEN
27 Aug 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #40

Goeie Naand, Dit is altyd ‘n voorreg om opregte vriende te hê. Nou gesels ons nie oor kenisse nie maar vriende as waarde toevoeging. Reël maar ‘n reunie en terwyl jy die boodskappe lees onthou jy die mense, die verlede, die lag en huil, die groei saam en die waarde…
13 Jul 2023 2AM 2 min