Lunch Punch: Liam Bosman bekend as Johan Swarts in Diepe Waters oor sy debuutenkelsnit Brief Vir Jou

--:--
Akteur en nou ook sanger, LIAM BOSMAN, het sy debuut enkelsnit, BRIEF VIR JOU vrygestel. LIAM, bekend vir sy rolle in bekende TV reekse en films soos Diepe Waters, Vir Die Voëls, Mooiweer en Warm, Dinge van ’n Kind, Doop en vele meer, is ook onlangs vereer by die jaarlikse Silwerskermfees met ’n nominasie vir ‘Beste nuweling in ’n telenovela of sepie’ vir sy rol in Diepe Waters.

BRIEF VIR JOU, LIAM se eerste enkelsnit, is in September vanjaar geskryf.

Alhoewel hy as kind kitaarlesse vir ’n wyle geneem het en in ’n musikale huis omring deur die klanke van Neil Diamond, Pink Floyd en Eric Clapton groot geword het, het hy nooit gedink sy stem is gepas vir professionele sang nie. Dit was eers na sy beste vriend hom aangemoedig het om sang verder te verken, dat hy een dag na werk besluit het om studios in Johannesburg te ‘google’ en die bal aan die rol te sit.
11 Dec 2023 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Lunch Punch: "Captive" leeubedryf-debat

Volledige debat oor die gevange leeubedryf, na die vrystelling van die verslag deur Minister Barbara Creecy. Sy het die verslag van die ministeriële taakspan oor die "captive" leeubedryf vrygestel. Die Kabinet het die vrystelling van die verslag en sy aanbevelings vir implementering goedgekeur. Die ministeriële taakspan is in Desember 2022…
24 Apr 36 min