Op die aarde waar ons woon, het álles ’n gewig. Dié “gewig” is in werklikheid ’n afwaartse beweging wat deur die aarde se aantrekkingskrag veroorsaak word – ons noem dit swaartekrag.
Suid-Afrika is op die suidpunt van die vasteland of kontinent Afrika. Die weskus is aan die Atlantiese Oseaan en die suid- en ooskus aan die Indiese Oseaan geleë.
Stel jouself ʼn wêreld sonder elektrisiteit voor – huiswerk doen by kerslig, water op ʼn vuur kook om te kan bad, geen televisie, rekenaars, selfone of speletjies nie! Pikdonkerte en koue totdat die son weer sy kop oplig om lig en hitte aan die wêreld te verskaf.
Strokiesprente word beskou as visuele of grafiese tekste, dit wil sê tekste wat visuele elemente (soos byvoorbeeld kameraskote, stilfoto’s en grafika) met verbale elemente (woorde, dialoog en taal) kombineer om ʼn sekere boodskap aan die leser oor te dra.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.