Episode 5: God se hart vir weerloses

--:--
Dinsdag 19 Maart is internasionale Maatskaplike Werkerdag. Regoor die land is baie maatskaplike hulporganisasies wat uit die kerk ontstaan het. In hierdie episode van Kerkbode Kollig fokus ons op van hierdie organisasies in Gauteng wat nou saam met ander deur ‘n bestaanskrisis bedreig word omdat die provinisiale regering hulle subsidies drasties wil besnoei. Ds Yolandi Kok is ringvoorsitter vir diakonale dienste van die NG Kerk se Hoëveldsinode. Sy vertel meer hieroor en deel ook praktiese voorstelle oor maniere waarop gemeentes hulle plaaslike hulporganisasies kan wys hulle staan nie alleen nie. Ons het ook met dr Nioma Venter gesels oor die rol wat gemeentes kan speel om die regte mense om ’n tafel te kry wat die nood in hulle gemeenskap effektief kan aanspreek. Dan het die Weskaapse kerkleierskap onlangs vir twee dae in Wellington saamgekom en allerhande sake bespreek. KaapKerk se Ronelda Visser het met die voorsitter, ds Marinus Theron, gesels om meer te hoor.
17 Mar Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 14: ‘Oom dominee Freddie’ gryp op 84 die kans om sy roeping uit te leef

Kerkbode het vandeesweek gesels met ’n afgetrede boer Freddie Faul wat in Februarie as standplaasleraar bevestig is by die NG Gemeente Mariental in Namibiё. Dit gebeur tydens ons storietoer in die maand van Mei deur hierdie land wat die kleinste-in-lidmaattal-en-grootste-in-grondgebied-streeksinode van die NGK se “tien samestellende kerke” het. Kyk ook…
19 May 18 min

Episode 12: Twee skrywervriende gesels oor nuwe boeke in Pinkstertyd

Donderdag 9 Mei is Hemelvaart. Nou in verkiesingstyd in ons land wonder Cas Wepener hoeveel vernuwingswerk die Gees van God by hom kan bring as hy bereid is om te luister eerder as kla. So vertel hierdie Stellenbosse professor vir sy jarelange vriend, emeritus-prof Chris van der Merwe. Dié twee…
5 May 26 min

Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl

Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste…
28 Apr 23 min

Episode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?

Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende…
21 Apr 23 min