Episode 6: ‘Ses jaar as gyselaar maak my geloof sterker’

Loading player...
Gerco van Deventer was vir ses jaar as gyselaar aangehou in Noord-Afrika. Eers in ’n huis, toe ’n tent en daarna onder ’n boom iewers tussen die sandduine van die Sahara met net ’n kombers as beskerming. Vir hierdie episode van Kerkbode Kollig vertel hy sy geloofstorie - van die dag van sy ontvoering tot sy vrylating einde laasjaar toe hy met sy gesin herenig is.
Ons bly in Afrika en luister ook na ’n insetsel wat ds Jaco Strydom gemaak het na hy in Kenia met drie NG dominees van die ekumeniese teologiese netwerk, NetACT, gesels het.
Laastens ’n staaltjie vanuit die Vrystaatse kerkargief. Dit gaan oor ’n gedroste Duitsgebore soldaat wat meer as 100 jaar opdrag gekry het om ’n fresco (muurskildery) te verf in die NG Kerk op Dewetsdorp. Mariëtte Odendal het die storie vir Vrypos gaan uitsnuffel.
24 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min