Suretha Maartens leef in oorgawe ongeag haar oorplanting 13 jaar terug

Loading player...
Suretha is 'n gebore, grootgeworde Vrystaatse meisie en die middelkind van drie susters. Sy was nog altyd 'n gesonde mens, was lief vir oefening en gesond eet. Toe sy in 2010 gediagnoseer is, het dit vir haar en haar hele gesin as 'n skok gekom.

Haar skenker, haar ma, is 'n besonderse vrou. 4 dae nadat Suretha gediagnoseer is, het sy haar ouma weens ouderdom en siekte verloor, maar haar ma het ongeskonde voortgegaan in haar geloof en moederlike pligte. Sy is steeds soos ’n stoomtrein, onstuitbaar in haar werk as musiekonderwyseres en in haar gemeenskap.

Behalwe vir die paar beperkings wat na-oorplantingspasiënte het, soos om 'n bietjie versigtig te leef vir stampe, ens., het haar lewe meer in die oog verander as in die praktyk. Sy beskou die lewe weer as 'n kind, gryp geleenthede aan en sien dinge vir die wonderwerke wat dit is. Waardeer die mense in haar lewe en die kanse wat sy gegun word.

Vir Suretha is haar gesin haar grootste prioriteit terwyl sy besig is om voor te berei vir die volgende World Transplant Games wat in 2024 in Bormio Italie plaasvind.

Lees meer oor die spele: https://wtgf.org/
2 Apr 2024 5AM English South Africa Kids & Family · Education

Other recent episodes

Laat toets jou bloeddruk hierdie Hart Week en kyk na jou hart

Geregistreerde dieetkundige by die Heart and Stroke Foundation van SA, Cari Erasmus sluit by Yolanda Maartens aan en verduidelik wat ‘n normale bloeddruklesing is en wat jou bloeddruk kan beinvloed. Cari verduidelik ook hoe hoë bloeddruk voorkom of beheer kan word. Verder is daar hulpbronne beskikbaar aanlyn https://www.heartfoundation.co.za/blood-pressure/
14 Sep 8AM 4 min

Hart Week: Die realiteit van hartversaking in Suid Afrika

Geregistreerde dieetkundige by die Heart and Stroke Foundation van SA, Cari Erasmus sluit by Yolanda Maartens aan hierdie Hart Week om die ernstige statistieke van hartversaking in Suid Afrika met luisteraars ted eel. 64 miljoen mense wereldwyd leef met hartversaking en 1 in elke 5 mense in SA ouer as…
14 Sep 8AM 5 min

Arrhythmia: What causes a heart to beat irregularly?

Nurse Gwendoline Petersen is a Health Promotion and Health Risk Assessment Officer at the Heart and Stroke Foundation of SA and joins Yolanda Maartens this Heart Week to unpack the causes of an irregular heart beat and what symptoms South Africans should look out for. The Heart and Stroke Foundation…
14 Sep 8AM 3 min

KANSA skep veilige ruimte vir jong kanker pasiënte en hul gesinne

'n Kankerdiagnose is vir enige jong mens lewensveranderend. Buiten die fisiese uitdagings, is daar ook groot emosionele en praktiese behoeftes. In die OFM Familie Fokus gesels Yolanda Maartens met Anina Meiring, Dienstebestuurder: KANSA TLC, oor hoe die AYA-kamers 'n veilige ruimte vir tieners en jong volwassenes met kanker skep, en…
5 Aug 7AM 6 min