Episode 8: #imagine en Pelgrimstog van Hoop se staproetes bied mense hoop

Loading player...
Tien jaar. Dit is hoe lank die #imagine-jeugkampe sowel as die Pelgrimstog van Hoop aan die gang is - altwee buitelugervarings wat vanuit die kerk ontstaan het.

Tussen die meer as 2000 tieners uit sowat 212 dorpe van regoor die land en selfs uit Namibie, wat vanjaar se #imagine-kampe bygewoon het, was daar weer, soos elke jaar, kinders vir wie hierdie hulle eerste kamp ooit was. Ds Anriëtte de Ridder, een van die kampe se stigterslede vertel roerend hoe tieners vertel hierdie kampe is vir hulle meer as ’n geestelike ervaring. Dit gee hulle ook hoop.

Die joernalis Erns Grundling hou van stap. Hierdie liefde deel hy met lesers en kykers ondermeer via sy Elders-reeks waarvoor hy besig is om ’n volgende reeks te maak oor ’n ’n skone, reuse-stap kuslangs vanaf Mosselbaai tot Kaap Agulhas.
7 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min